WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

Saturday 5 April 2014

Polisieman Verkrag glo Eksvrou

Polisieman Verkrag glo Eksvrou

SA Polisie Logo 640x480PAARL, WES-KAAP – ʼn Polisiebeampte van die Paarl in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksvrou verkrag het.
Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die konstabel en sy vrou is vervreem en bly nie meer saam nie. Die 29-jarige vrou het glo Maandagaand huis toe geloop toe die 33-jarige konstabel gestop en haar ʼn saamrygeleentheid aangebied het.
Hy het glo na ʼn stil plek naby die rivier gery waar hy met haar wou seks hê. Dlamini sê sy het geweier. Die beampte het homself glo op haar afgedwing en haar in die motor verkrag. Die vrou het ʼn saak teen hom geopen en hy is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Paarl-landdroshof verskyn. Twee polisiebeamptes, ʼn kaptein en ʼn konstabel, het vroeër die maand in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle vrouens in hul polisievoertuie verkrag het.

No comments:

Post a Comment