WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

Saturday 12 April 2014

Sunette Bridges

Ek is by 'n punt van absolute GATVOLGEIT verby! Ek is moeg vir die patetiese aanvalletjies van die Front Nasionaal mannetjies wat so laag gedaal het, dat ek tot op BKA se blad beswadder word. Vreemd hoe hulle hul aanval op my laat Vrydagmiddag begin het en ek skielik daai nag van FB verdwyn. Ek ontvang ook nou so 3 e-posse per dag van Twitter af dat ek kwansuis versoek het om my "Password" te verander, so my Twitterrekening is seker die volgende wat sal sneuwel.
Ek sien dat Mnr. FN Vrystaat - Schalk van der Merwe - ook nou beweer dat ek my eie blaaie van FB verwyder het om my "standpunte" te verbloem, dit na hy gisteraand vreeslik hard probeer het om my en my Kleinvallei-projek te diskrediteer. Hy meen dat ek SY mense in "kampongs" gaan sit waar hulle gaan krepeer en vemoed dat ek 'n projek aanpak waar ek met die "winste" gaan wegloop... Dit pla hom kennelik nie dat daar reeds 800 000 van ons mense in plakkerskampe krepeer nie, solank ek net nie poog om iets daaraan te doen nie en SY mense liefs moet uitlos.
Verder beweer hy dat dit ek is wat die Boer/Afrikaner-debat aan die lewe hou en verdeling en broedertwis aanblaas. Hy beweer ook dat ek nog altyd verkondig het dat mense NIE moet stem nie en nou skielik van plan verander, terwyl almal wat my goed lees WEET dat ek die standpunt handhaaf dat ons op alle fronte moet deelneem.
Skermskote 1 en 2 is sy plasings op my blad wat ek geantwoord het. 3 is sy relaas en 4 my antwoord daarop. Die 5de een is sy lagwekkende uitlating dat ek my eie blaaie op FB verwyder het.
Die skade wat die verwydering van my blaaie op FB aan my pogings om te help gedoen het, kan ek nie eers bereken nie. As die vlak waartoe hierdie mense gedaal het die afgelope maand hul karakters weerspieël, onderstreep dit maar net my besluit om van dag een af NIE betrokke te raak by 'n politieke party wat in kroeë vergader en vir maande nou al NIKS anders doen as om aanvalle teen hul eie mense te loods nie.
Ek oorweeg dit tans om 'n hele artikel oor die ontstaan van die "party" en die pad wat hulle gekies het om te stap sedert November 2013, te skryf. Ek kan maar net wonder oor die agendas van mense wat dit eiehandig reggekry het om ongekende momentum en samehorigheid onder ons mense vir die 1ste keer in jare, totaal te vernietig... Sx

No comments:

Post a Comment