WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

Friday 21 March 2014

Man sit 18 j. ná vrou (67) se dood

Lebohang Godfrey Seisa (22) is gister tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Hillary Milford van Parys. Foto: verskaf
PARYS. – ’n Regter het gister die moord op Hillary Milford (67) beskryf as “een van die grusaamstes wat die hooggeregshof hier nóg gesien het.”
“ ’n Weerlose, ou persoon is soos ’n wolf aangeval,” het regter Jake Moloi gesê voordat hy Lebohang Godfrey Seisa (22) tot 18 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis het. Seisa is ’n verdere twee jaar gevangenisstraf vir diefstal opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Milford is verlede jaar op 19 November by haar huis vermoor. Sy is minstens 15 keer met ’n mes gesteek, waarvan sewe keer in die nek.
Die moord is gepleeg op die tweede dag wat Seisa vir haar in die tuin gewerk het.
Moloi het gesê die erns van die misdaad word vererger deur die manier waarop dit gepleeg is.
“Dit is so sleg om ’n ander se lewe te neem, maar helaas is daar mense wat so bemagtig voel dat hulle dit doen.”
Hy het gesê die feit dat Seisa Milford se lyk ná die moord met tuinvullis en vullissakke kon bedek, het dít wat Seisa beweer het, heeltemal oorskadu. Seisa het in die verhoor aangevoer hy wou Milford help nadat hy haar gesteek het, deur ’n ambulans te bel.
Hy het dit glo nie gedoen nie omdat hy nie ’n kontaknommer gehad het nie.
Moloi het gesê die feit dat Seisa ’n reeks vorige veroordelings het, kan nie misgekyk word nie, maar dat die hof hom nie vonnis gegrond op sy vorige veroordelings nie. Seisa is reeds vier keer vantevore skuldig bevind aan diefstal en was op parool toe hy Milford vermoor het. “As die departement van korrektiewe dienste hul plig gedoen het, sou die oorledene vandag nog geleef het, omdat die beskuldigde nog in aanhouding sou wees.”
Seisa het gedurende die vonnisoplegging strak voor hom uitgestaar.
Seisa se ouma, Dora Seisa (59), het die verhoor bygewoon. “Ek is hartseer oor die vrou en ek is hartseer oor hom (Godfrey), maar as ’n mens iets gedoen het wat nie goed is nie, moet jy gestraf word,” het sy ná die skuldigbevinding buite die hof gesê.

No comments:

Post a Comment