WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

Monday 17 March 2014

Sunette Bridges


Iets wat ek ook seker net hier in my Sitkamer sal bespreek...

Daar is heelwat vrae oor hoekom daar nie meer Red October byeenkomste op 21 Maart is nie. Hier is hoekom...

Eerstens moes ek minder as 4 weke gelede HEELTEMAL oor begin op FB... Red October se blad, wat reeds bykans 20 000 mense sterk was, is verwyder. My Nuusblad, wat meer as 26 000 lede gehad het, ook. Dit is geweldig moeilik om dan weer so vinnig 'n netwerk op te bou om so 'n geleentheid te reël, maar my grootste oorweging, om nie die keer 58 byeenkomste te probeer aanpak nie, was dat my finansies dit nie die keer toegelaat het nie.

Die Red October Veldtog in Okober het my meer as R100 000 gekos. Ek sal weer planne maak om dit vir ons moontlik te maak in Oktober die jaar, maar dit was eenvoudig nie nou vir my haalbaar nie.

Ek is jammer dat daar mense is wat teleurgesteld is dat daar nie weer so baie byeenkomste is nie en veral dat my teenwoordigheid in Kaapstad dit vir my onmoontlik gemaak het om ook 'n byeenkoms in Pretoria te beplan, maar ek belowe dat ek in Oktober NIEMAND gaan afskeep nie en sal seker maak dat ons weer REG oor SA en sommer baie ander lande in Oktober ons stemme sal laat hoor!

Die organiseerders in Kaapstad het baie hard gewerk aan die byeenkoms op Vrydag en ek hoop regtig dat ons vriende in die Kaap dit sal ondersteun. Ek het ook daar gehelp sover ek kon en sien regtig uit daarna om saam met my vriende in die Kaap die dag mee te maak!

Waar jy jou ookal op die dag bevind, neem asseblief deel. Plant 'n Wit kruis in jou tuin... Brand 'n kers en BID! ...net net vir ons mense wat hul lewens verloor het die afgelope 20 jaar nie, maar vir 'n beter more vir ons en ons kinders! Sx

No comments:

Post a Comment