WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

WHITE KNIGHTS WORLD WIDE

Friday 14 March 2014

Sunette Bridges shared Red October's post.


Goeimore! Ek moes vanoggend, so op my nugter maag, die rekeninge vir die Red October byeenkoms in Kaapstad betaal!!! Ek vra mooi dat julle die skakel na die byeenkoms sal deel en jou vriende in die Kaap nooi om dit by te woon!

Daar is 'n magdom werk gedoen om van die 'n sinvolle byeenkoms te maak en boodskappe te kry van soveel moontlike partye en belangegroepe oor Selfbeskikking en die beskerming van die regte van minderheidsgroepe in die land.

Daar is baie kritiek uitgespreek teenoor my en die organiseerders omdat ons ander belangegroepe by die dag betrek het, maar die boodksap vir die dag is nie net op ons van toepassing nie en ons gaan mekaar in die stryd baie nodig hê! Die organiseerders het ook baie moeite gedoen om die dag toeganklik te maak vir gesinne en aktiwiteite vir die kinders te reël sodat hulle besig kan bly terwyl ons na die sprekers luister. Die wat dit bywoon sal daar kan weggaan met 'n baie duidelike prentjie van die situasie waarin die minderheidsgroepe hulle tans bevind en ook wat op grondvlak gedoen word om die probleme aan te spreek.

Ek sien uit om al my Kaapse vriende daar te ontmoet! Sx

https://www.facebook.com/events/1504903389736232/

No comments:

Post a Comment